Die ontwikkeling van 'n rekenaarondersteunde taalonderrigprogram op grond van Afrikaanse folklore

  • Estelle Kruger

Abstract

Hierdie artikel doen verslag oor die ontwikkeling en gebruik van 'n rekenaarondersteunde taalonderrigprogram vir addisioneletaalonderrig. In navolging van verskeie teoretici voer die navorser aan dat die pikturale humor soos vervat in T.O. Honiball se strokiesprente as toegepaste Afrikaanse folklore beskou kan word - 'n soort kernliteratuur wat op mondelinge volksverhale berus. Die artikel bespreek die fases en faktore wat die ontwikkeling van die program vir gebruik in 'n virtuele taalklaskamer beïnvloed het, asook die uitkomste en inhoud daarvan. Uiteindelik is die program in 'n kwalitatiewe navorsingsprogram gebruik waar onderwysstudente dit aan die hand van addisioneletaalonderrigbeginsels moes beoordeel. This article reports on the development and use of a computer assisted language teaching programme for additional language teaching. With the necessary theoretical support, the researcher argues that the pictorial humour contained in the comic strips of T.O. Honiball could be considered as applied Afrikaans folklore based on this language’s oral story tradition. The article discusses the phases and factors influencing the development of the programme for use in a virtual language classroom, as well as its outcomes and content. Eventually the programme was used in a qualitative research programme where teaching students evaluated it on the basis of principles for additional language teaching.

Author Biography

Estelle Kruger
Estelle Kruger is verbonde aan die Departement van Kurrikulumstudies, Universiteit van Stellenbosch.Epos:  ekruger@sun.ac.za
Published
2011-08-09
Section
Articles