'n Aangepaste bewustheidsprogram om fonologiese en fonemiese bewustheid in aanvangslees van Graad 1 leerders in 'n taalarm omgewing te verbeter

  • Patricia Joyce Marthinussen
  • Michele Van der Merwe University of Stellenbosch

Abstract

Die rol van fonologiese en fonemiese bewustheid en die verstaan van letter-klankkorrespondering in aanvangslees in ’n graad 1-klas word in die artikel beklemtoon. Die vermoë van leerders om ouditiewe en visuele persepsies, asook onderskeidingsvermoë tussen klanke en klankpatrone te ontwikkel, word as voorspellers vir suksesvolle lees beskryf. Vroeë en deurlopende assessering van aanvangsleesvaardighede is ʼn belangrike aspek om die voorkoming van leesuitvalle te bewerkstellig. ‘n Intervensieprogram om die fonologiese en fonemiese bewustheid van leerders te verbeter, word beskryf. Die navorsingsmetodes, insluitende voor- en natoetse word beskryf. Navorsing is in ’n graad 1-klas uitgevoer met leerders wat geen graad R- onderrig ontvang het nie en op die ouderdom van 5½ jaar reeds by die skool ingeskryf is. Die leerders is jonk en ontvang nie genoegsame stimulering tuis nie. Hulle toon reeds agterstande in effektiewe taalgebruik en hoe om aandag te gee en te leer by skooltoetrede. Hierdie agterstande noop die navorser om te fokus op die fonologiese en fonemiese bewustheid in aanvangslees van die jong kind. 

Author Biographies

Patricia Joyce Marthinussen
Patricia Joyce Marthinussen is vakadviseur by die Kaapse Wynland Onderwysdistrik Worcester waar sy in grondslagfase spesialiseer om opvoeders te adviseer in die toepassing van die kurrikulum in Graad R-3. Haar navorsing sluit die belangrikheid van fonologiese en fonemiese bewustheid in aanvangslees by graad 1- leerders in ‘n taalarm omgewing in.E-pos: patsy.marthinussen@westerncape.gov.za  
Michele Van der Merwe, University of Stellenbosch
Michele van der Merwe is lektor by die Fakulteit van Opvoedkunde aan die Universiteit van Stellenbosch waar sy Afrikaans op voorgraadse en nagraadse vlak doseer. Sy spesialiseer in leksikografie, veral opvoedkundige leksikografie. Haar navorsing sluit die onderrig van woordeboek- en taalvaardighede, die skep van ‘n woordeboekkultuur in skole, asook die gebruik van (vak)woordeboeke via tegnologie in.E-pos: michelevdm@sun.ac.za
Published
2015-09-22
Section
Articles