Geletterheidsontwikkeling by Graad R-leerders: 'n Gevallestudie

  • Hannie Menkveld
  • Anel Pepler

Abstract

This article describes a research project aimed at developing a theoretically based literacy programme for Grade R learners which would give them an understanding of the concept of writing and introduce them to the symbols of writing in an informal and enjoyable manner.  The literature review focuses on three approaches to literacy, namely the holistic approach, the phonics approach and the balanced approach.  The empirical investigation in this study consists of a case study of a Grade R class.  An intervention programme introduced letter-sound correspondence within a balanced approach, which was directly linked to the existing Literacy Curriculum for Grade R.  The research process is described and the findings are briefly presented: two sets of guidelines are recommended, one for the specific case and the other for other groups of Grade R learners following a balanced literacy programme based on the Revised National Curriculum Statement. The generally positive research results give evidence of the effectiveness of the programme.     In hierdie artikel word ’n navorsingsprojek beskryf wat gemik is op die ontwikkeling van ’n teoreties-gefundeerde geletterdheidsprogram vir Graad R-leerders wat ontwerp is om jong leerders toe te rus om die konsepte van skrif te verstaan en skrifsimbole op informele en genotvolle wyse te leer ken.  Die literatuuroorsig fokus op drie benaderings tot geletterdheid, die holistiese benadering, die fonetiese benadering en die gebalanseerde benadering. Die gevallestudie behels die implementering van ’n intervensieprogram met ’n groep Graad R-leerders volgens ’n gebalanseerde aanbiedingswyse met letter-klankkorrespondering as fokus en sluit direk aan by die bestaande Geletterdheidskurrikulum wat tans in Graad R gevolg word.  Die navorsingsproses word beskryf en die bevindinge word kortliks bespreek: twee stelle aanbevelings word voorgestel, een vir die spesifieke geval en een vir ander groepe Graad R-leerders wat ’n gestruktureerde program volgens die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring volg. Die effektiwiteit van die geletterdheids-program blyk uit die oorwegend positiewe navorsingsresultate.

Author Biographies

Hannie Menkveld
Dr Hannie Menkveld is verbonde aan die Departement Didaktiek, Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit van Stellenbosch. E-pos:  hmenk@sun.ac.za
Anel Pepler
Dr Anél Pepler is verbonde aan die Departement Didaktiek, Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit van Stellenbosch. 
Published
2011-08-16
Section
Articles